This poem is copyright to Amandy.
Please do not copy it in any way without the writer's permission. Contact me for details.


Ek is op Vryburg in die Noord Kaap gebore op 24 April 1970, en tans woonagtig op Klerksdorp in die Noord-Wes. Digterskap is 'n vreugde. Dis die losmaak van die stemme wat binne praat. Ek glo dat poësie die mooiste vorm van Letterkunde is. Dit spreek kort en saaklik van die waarheid in die mens, waarvan die self nie eers bewus was nie.


Afrika
deur Amandy

Waar in die wêreld
skyn God so helder?
As in Afrika self,
waar sy kinders hom bly erf.

Waar die jakkals huil,
in maanlig roer, deur bosse geil.
Waar ons droomloos slaap
en 'n uil rustig sit en gaap.

Soos elke goue oggendstond
ons trap op warm Afrika grond.
Sonlig deel van God se krag
word Afrika 'n deel van onse dag.
Ons lywe brand 'n goue bruin
son is deel van ons goeie luim.

Eet ons eie vleis en pap
verstaan 'n kulturele Afrika grap.
Praat ons moedertaal kliphard
want ons leef in 'n Afrika hart.

Eg Afrika sonsondergang
waarna blindes altyd verlang
en sterf ons eens,
rus Afrika sag op sy geseëndes.


Die venstertjie
(Deel 1)
Jy emigreer

Gister was ons nog tesame
vars foto's geset in rame
en al wat tydloos bly...
...ons name.

Jy trek oor baie water
na 'n ander land.
'n Oseaan
skei ons bloedband.

Deur 'n venstertjie van e-mail,
kan ons na mekaar se woorde kyk.
Hoor mekaar nie huil,
of sien 'n honger hart verlang.

Lê ons handskrif tussen blaaie van gister,
komperletters vervang ons skrif mistiger.

Ons het mekaar se waarde van naby geraai.
Aan die munt se eenkant goed geken.
Lê die doel dalk daarin gepen,
om oor 'n afstand, die munt om te draai.
Die waarde op die ander kant te sien,
wat ons liefde vir mekaar kan dien.
Die waarde sal dit lewend laat bly
wat sal keer dat afstand dit onderkry.

Vir laas, my hand teen die venstertjie
hoor hoe klop my hart teen jou ruitjie.
Troos sal ons vind in hierdie ruimtetjie.
'n Paar brieflyne, was my e-mail kuiertjie.

Die venstertjie van verlange
(Deel 2)

Ek stap na die kompervenstertjie,
ek hoor jou klop teen my ruitjie
en in hierdie e-mail ruimtetjie
kry ek hartseer lyne in jou kuiertjie.

Dis net bekende spore wat jy begeer
jy vind niks daar, dit maak jou hartseer
'n hart wat pyn, laat hartsnare breek
vals akkoorde sal jou drome stukkend steek.

Aan my kant van sonsondergang wat flouer tooi
laat my dink om jou gedagtes na buite te nooi.
"Gaan kyk na sonlig buite"
Jy draai nat oë uit by jou ruite
en staar na 'n oggendstond in helder rooi.

Die nag se trane op jou hart
word deur sonlig - dou op jou smart.
Trane is nie goed vir groei, dis te sout
groei soek 'n varsheid van 'n môre dou.

Bewerk nou die saad van jou drome
want die ploegland staan vars in hope
die nuwe môre breek in dou en lig
sal die werk van groei verrig.

Jy protesteer nog 'n keer
dat jou verlange steeds terugkeer.

Ek troos met - solank daar 'n venstertjie bestaan
straal ons vir mekaar sonswoorde wat nie taan.

Jou oë, van die sonlig gedraai, na die venstertjie
eindig ons kuiertjie: met liefde, in swart lettertjies.
Toe plaas ek my hand teen die ruitjie
maar merk jou sagte asem
wat 'n soentjie teen my ruitjie wasem.


Die venstertjie
(Deel 3)
Eensame lewe

My skermpie is nou dood en grys
want jy is nie in my venstertjie tuis.

Terwyl ek wag, dink ek aan al die vensters
waardeur die lig onbeperk kan straal.
Daar's vernsters in huise naamlik ruite
dit dra die kaggellig vêr na buite.
Daar's vensters aan die hemel naamlik sterre
wat die lig van bo-af deur laat na verre.
Daar's vensters in mens se hart naamlik oë
wat lig opvang en omskep in reënboë.
Daar's vensters tussen pole naamlik telefone
dit verbind jou stem met jou woorde.

Die vensters se doel lê voorwaar
daarin, om lig na iets te straal.
Vensters is 'n wig van helder glas
laat lig deur as jy dit gereeld was.
Maar mooi gekleurde glas
sal ons twee niks kan baat
as dit nie ons woorde en lig deurlaat.

My kompervenstertjie
gereed vir jou ligbestraalde kuiertjie.
Dis deesdae waarom ons na mekaar uitreik
deur die klein wondervenstertjie
om mekaar in die spoed van lig te bereik.

Ons het ons lig brand gesteek
ons vlamme wat lewe
deur ons ruite na mekaar begewe.
Dit het soos helder verskietende sterre
'n oseaan se wydte oorsteek na verre
en brandend aangekom by mekaar se venstertjies
soos 'n nuwe sonsopkoms verskyn

Weggevee is die honger kwaal
want jy is in die lig wat na my straal.

Jou soen's wasem het verskyn en verdwyn
ons harte was vol en het nie meer gepyn
met 'n tevredenheid die venstertjie gestop
en toe hou die ligstrale ook op...

My skermpie is nou dood en grys
want jy is nie in my venstertjie meer tuis.