This poem is copyright to Cor Pretorius.
Please do not copy it in any way without the writer's permission. Contact me
for details.
Kort biografie
Cor is op 8 Januarie 1948 aan die Oos-Rand gebore. Hy studeer aan die
Onderwys Kollege op Potchefstroom. Tans is het hy sy eie Bk en is 'n
konsultant in die Ingenieurswese omgewing. Hy is getroud met Rina, hulle
twee seuns, Riaan en Martin het ook klaar geswot en sjoe..uit die huis uit.
Hy het van sy gedigte in die Woordfabriek ('n tak van die ATKV) se
digbundel 2 gepubliseer en het ook 'n gedig in die plaaslike koerantjie
gepubliseer. Hy is ook lid van 'n plaaslike Digkring.
"Waarom dig ek?
Om te kan dig en skryf is 'n gawe van ons Skepper en ek dank Hom daarvoor.
Verder vind ek die skryfkuns 'n lekker uitlaatklep vir wat binne en buite my
aangaan. Ek geniet dit baie en hoop dat die gene wat my werk lees ook genot
of vertroosting daaruit sal kry."
Kleinkaroo
deur Cor Pretorius
Die uitgestrekte vlakte
Maak jy jou land
Tolbos en melkbos
Groei op jou rante
O,hoe smag ek soms na
Die ruimte, skoon lug
En
Vryheid van die
Kleinkaroo
Die mense is daar is mos anners
Vrygewig en opreg
Gulhartig en sonder pretensies
Hoe verlang ek nie
Bedags sing jy 'n koor
Sonbesies en fisant
Met tarentaal en patrys
Akkoorde
Saans antwoord
Jakkals en die nagvoël
Of 'n Koedoebul blaf in die verte
Vrede op aarde
Dit is die Kleinkaroo
Wens ek was daar
|