This poem is copyright to Kabous.
Please do not copy it in any way without the writer's permission. Contact me for details.

Oor Vreemde Waters

deur Kabous

Seisoensverandering in Londen.
Trane in 'n piering.
Ons woede is 'n nuwe spieël.Die erfsonde eet my soos 'n appel.
Oor en oor gepleegde warcrimes begin my nou verveel.

Ek het 'n brief van my land gekry
vol motorbomme, oorstromings
en zero tolerance.
Hoe lank is dit nou?
Hoe lank is dit nog?

Broer en woede,
suster en soetheid.
'n Hele generasie dra travelkaarte.
Vreemde reën drup van ons kenne
waar ons tou staan by die lughawe.
Ons is goedkoop.
Ons is arm.
Ons is vry.