For my English friends, the text below is in Afrikaans, my mother tongue.
Scroll down to read the English

Ja-nee, as jy hier is op soek na perfekte Afrikaans, dan moet jy gerus op 'n ander plek soek :) My Afrikaans was nooit wat wonders nie en na 8 jaar van 'n Afrikaanse droogte gaan dit maar swaar om te skrywe. 

Ek will vir 'n paar mense "Dankie" sê vir hul aanmoediging. Sonja, dis jou ge'nag' oor die gedigte wat my so vêr gebring het. Dankie aan Pete omdat hy my Land lewendig in my geheue hou en aan al diegene wie my Afrikaans met 'n kruk opprop.

'n Spesiale en baie groot Dankie wil ek sê vir Ouma - ek sou dit nie sonder haar kon doen nie. Sal ek verder gaan? Julle is almal teen dié tyd seker heeltemal verveeld :) Raait.... net 'n bietjie verder... Dankie aan my voorvaders wie so lank gelede na Suid Afrika toe geimmigreer het. Ek volg nou in  hulle voetspore met die immigrasie storie.... 'n Groot Trek van my eie. Die berge is anders, maar die gevoel seker baie dieselfde. Ons is in elk geval almal pioniers. 

Boompie Alleen is vir my 'n simbool. Jare gelede was dit 'n plek van skuil en stilte vir my, diep in die Klein Karoo. Nou is ek die 'boompie alleen', my eie skuilplek en die stilte kom nou van binne.

Laastens... 

Dankie aan my woordeboek - Jorge :) En aan my dogter, Tatiana. Tat, ek hoop jy kan 'n bietjie oor jou land van geboorte en jou erfenis hier leer. Ek het jou lief!

For the English biddies among my friends ;) Just so you don't feel left out.  

I want to say "Thank you" to a few people for their encouragement. Sonja, its your nagging over the poems that brought me this far. Thank you to Pete for keeping my Homeland alive in my memories and to all those who prop up my Afrikaans.

A huge and special thanks must go to Ouma (Gran) - I could never have done this without her. Shall I go on? You're probably all thoroughly bored by now :) Ok...just a little further... Thankyou to my forebears who immigrated to South Afrika so long ago. I'm following in their footsteps with the immigration story... a Great Trek of my own. The mountains are perhaps a little different, but the feeling is surely much the same. After all, we're all pioneers.  

"Boompie Alleen" translates directly (kind of) to 'little tree alone' and is symbolic for me. Years ago, in the heart of the Klein Karoo, it was a place of refuge and quiet for me. I am now the 'little lone tree', my refuge is my own and the quiet must come from within.

Lastly... 

Thank you to my dictionary - Jorge :) And to my daughter, Tatiana. Tat, I hope you'll learn something of your country of birth and your heritage through these pages. I love you!